Brighton | |
---|---|
dorp | |
Uitsig oor die stad | |
Koördinate: 50°49′00″N 0°8′00″W / 50.81667°N 0.13333°W | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land (VK) | Engeland |
Graafskap | Oos-Sussex |
Bevolking | |
• Totaal | 155 919 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Brighton (uitgespreek /ˈbraɪtən/) is 'n kusdorp aan die suidkus van Engeland in die graafskap Oos-Sussex wat veral vir sy strande bekend is. Die nedersetting behels die grootste deel van die stad en die unitary authority van Brighton and Hove wat uit die vroeëre nedersettings Brighton, Hove, Portslade en 'n aantal ander dorpe gevorm is.[1]
Brighton het oorspronklik deel uitgemaak van die nie-metropolitaanse graafskap Oos-Sussex. Dit maak steeds deel uit van die seremoniële graafskap Oos-Sussex in die historiese graafskap Sussex.
Die historiese nedersetting Brighthelmstone dateer uit die tyd voor die Domesday Book (1086), maar het in die 18de eeu tot 'n gewilde strand- en gesondheidsoord ontwikkel waar onder meer die Prinsregent (die latere koning George IV) ontspan het. Ná die bou van 'n spoorlyn in 1841 het steeds meer Londenaars uitstappies na Brighton onderneem. Die nedersetting se bevolking het vinnig gegroei tot meer as 160 000 in 1961.
Vandag maak Brighton saam met Worthing en Littlehampton deel uit van 'n verstedelikte gebied langs die kus met 'n totale bevolking van sowat 480 000.
Die Universiteit van Brighton is hier geleë.
Brighton se Falmer-stadion was een van die gasheerstadions tydens die Rugbywêreldbeker 2015.